Esmarie Yssel@esmarieyssel

Plaasmeisie, Yssel-vrou, beardie-ma, joernalis, taalmens, grimeerkunstenaar, natuurtier, foto-mal, mal oor my man, ontdekker met God as my GPS. 🇿🇦

947 posts 609 followers 549 following

Esmarie Yssel

Hier doen ek dit nou wraggies. Die verskil tussen 25 en 35. Ek dink ek het net ordentlik geleer grimeer, ek het @leandrakloppers in my lewe wat wenkbroue kán vorm en ek’t die gimnasium ontdek. Als voel fermer, maar ek spog met lagplooitjies, te danke aan @elrichyssel én blinker ogies te danke aan @elrichyssel. Trou en in myself ingroei is die grootste geskenk waarvoor ek kon vra. #10yearchallenge #liefdewen #journey #growth #gettingmarried #findinglove #healthylifestyle #longevity #keepingitreal #thisisme #simplythebest #happylife #instagood #confident #confidentwomen


12

Esmarie Yssel

Ons arme bere kry swaar in die hitte. MAAR ‘n boerin maak ‘n plan. #dogsofinstagram #heatwave #coolingdown


1

Esmarie Yssel

Vir my is Kersfees sekerlik die spesiaalste dag van die jaar, want Kersfees herinner my aan God se liefde vir my en jou, en dat ALLES in ooreenstemming met Sy beplanning soooo goed deurdink is, dat ALLES sooooo goed gemaak is en dat Hy vir ons elkeen 'n paadjie sooooo perfek uitgelê het. En toe seën Hy ons nog vérder met liefde vir mekaar, talent, verstand en alles wat van ons die onstuimige wêreld se goedhartige, barmhartige mense maak. Raak rustig hierdie Kersfees en tel jou seëninge. Jy gaan nie genoeg vingers en tone hê nie. Seëninge in oorvloed vir jou en jou geliefdes hierdie kersfeestyd!!! Kersfeesgroete Esmarie, Elrich & die Ys(sel)bere 🎄#christmas #blessed


0

Esmarie Yssel

My pa vier vandag sy 71ste verjaarsdag in plaasstyl. My pa is die rustigheid self. Stil, introvert, pynlik perfeksionisties, kalm van gees, lief vir die Klipwerf-boereorkes, lief vir sy familie, passievol oor sy beeste en tevrede met sy lewe. Wat ‘n voorreg om my pa nog te kan hê en dat hy gesond is. #oudmaarniekoud #dad #farm #calf


0

Esmarie Yssel

Chantétjie Kelder, toe ek jou ontmoet het was jy nog bloedjonk en die pragtigste meisie. Intelligent, lief vir taal en boeke (nes ek) en ek kon sien ons gaan maters word. Soveel jare js verby, jy is klaar studeer en vandag trou jy. Vandag word jy mevrou Chantétjie Jansen van Rensburg 👰🏼💕Ek is soooo bevoorreg om jou reis te kon sien ontvou. Jy het iemand ontmoet wat jou verstaan en die ander helfte van jou hart is, soos daai hartjie hangertjies waarvan jy die helfte vir jou bestie gegee het op skool. Mag julle huwelik geseën wees en mag julle nooit ooit ophou om mekaar eerste te stel en mekaar te geniet nie. Lag mag nooit uitsterf nie. Sien julle by die troue. 🎀 Liefde *Es*


5

Esmarie Yssel

Mooi memories by Mari en Marius se bruilof... #love #wedding @rheedermari


0

Esmarie Yssel

Die lang pad Noordwes toe versier met die mooiste wolke...


1

Esmarie Yssel

Die mooiste 2019-dagboek, spesiaal met my naam op, van die twee beste kliëntediensdames (ons kantoorma’s) hier by @pretoria_fm. Dankie @karenzeelie en @anemier7 💕🦋 Julle is van onskatbare waarde. #2019 #calendar #planning #diary #reminders


0

Esmarie Yssel

My hart se geluk saamgevat in drie asems.


5

Esmarie Yssel

Cuteness overload. Belle loves Domino’s Pizza. Not the pizza. The toy that it gets served in! #beardedcollie #beardedcolliefriends #beardedcollieworld #beardedcollielovers #beardedcolliesofinstagram #dogsofinstagram #fluffydogs #pets #dogsarefamily


2

Esmarie Yssel

Jukebox Hits. Wonderlike produksie met groot stemme en ‘n bevange orkes! Weer ‘n spogvertoning van Suid-Afrikaanse talent. Een van die vele hoogtepunte is The Prayer. En toe word ek persoonlik geserenade deur die drie manne! Nog net een week oor van dié produksie. Gaan kyk dit! AS jy kans sien vir ‘n hees stem... #music #musicaltheatre #talent #stage #performers #southafricantalent #proudlysouthafrican


0